Studie toon Namibiërs eet te min vis

--:--
Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust het 'n vennootskap met die Sam Nujoma Navorsingsentrum vir Mariene en Kushulpbronne by Unam se Sam Nujoma-kampus in Hentiesbaai gesluit om 'n opname te doen om die per capita visverbruik op beide streeks- en nasionale vlak te bepaal. Die opname se hoof-doelwitte sluit in die bepaling van Namibië se per capita-visverbruik, die evaluering van die waarde van vis wat jaarliks plaaslik verbruik word, die identifisering van verbruikspatrone in elke streek, en die bepaling van die voorkeur-tipe vis. Volgens die uitvoerende hoof van die trust, Victor Pea, staan die huidige visverbruik per capita op 16,59 kilogram per jaar. Dit is 'n verbetering vanaf 11,4 kilogram in 2018, maar steeds onder die wêreld-gemiddeld van 20,4 kilogram. Pea sê om dié teiken te bereik, behels dit die verbruik van ongeveer 51 000 metrieke ton vis ter waarde van sowat 787 miljoen Namibiese dollar in verskeie dorpe. Dr. Samuel Mafwila, direkteur van die sentrum deel hoe hulle die navorsing gaan doen...
5 Jun 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Air Namibia werkers soek hul pakette

Voormalige werknemers van Air Namibia, wat drie jaar gelede gelikwideer is, het Woensdag by die Namibiese finansiële-instellings toesighoudende owerheid se kantoor in Windhoek vergader oor hul skeidingspakkette. Die werkers wag nog steeds vir van hulle geld. Weens 'n gebrek aan kommunikasie tussen die likwidateurs en Namfisa soek hulle antwoorde by…
4 Oct 11AM 1 min

'Giftige' koekies stook gemeenskap op

Die speaker van die stadsraad van Johannesburg, Colleen Makhubele, doen 'n beroep op die gemeenskap van Naledi, Soweto, om kalm te bly nadat vier kinders siek geword het nadat hulle na bewering giftige koekies geëet het wat by buitelanders se nabygeleë spaza-winkel gekoop is. Twee jong seuns is intussen dood,…
4 Oct 11AM 1 min

Voormalige NLU president praat oor sy vierjaartermyn

Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws se vierjaartermyn het tot 'n einde gekom, en Thinus Pretorius is Woensdag in sy plek verkies. Kosmos 94.1 Nuus het by die NLU se jaarlikse kongres met Gouws gesels, wat praat oor sy termyn as president en die ondersteuning wat die NLU…
4 Oct 11AM 1 min

Chaos heers in NV oor PDM mosie

Chaos het weer Woensdag in die Nasionale Vergadering uitgebars wat op 'n reses uitgeloop het. Die leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani, het 'n aansoek om verlof ingedien om 'n wetsontwerp voor te lê om die formele erkenning van die Baster Tradisionele Owerheid binne Namibië te reguleer. Die…
4 Oct 10AM 1 min

Thinus Pretorius is nuwe NLU president

Thinus Pretorius is as die nuwe president van die Namibiese Landbou-unie aangekondig by die jaarlikse kongres wat tans in die hoofstad aan die gang is. Verskeie uiters belangrike landbou-kwessies kom onder die loep en leierskap is een van hulle. Pretorius lewer sy toespraak en vra die NLU lede om hom…
4 Oct 10AM 1 min