Gautengse gesondheidsdepartement onderbestee begroting

--:--
Die DA in Gauteng sê ondanks reuse-behoeftes kon die provinsiale gesondheidsdepartement nie daarin slaag om 'n yslike 2,7 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy begroting in die 2022/23-boekjaar te bestee nie. Die jaar het op 31 Maart afgesluit. Die inligting is op 'n vergadering van die oorsigkomitee vir gesondheid bekend gemaak. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê die meeste van die onderbesteding was in die begroting vir gesondheids-infrastruktuur, waar 550 miljoen rand nie bestee is nie ten spyte van die vervalle toestand van openbare hospitale.
5 Jun 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LPM kap teenkorrupsiekommissie oor 'heksejag'

Twee raadslede en 'n amptenaar van die Karasburg-dorpsraad wat in die Karasburg-landdroshof verskyn het ná hul inhegtenisname deur die teenkorrupsiekommissie, is nog steeds agter tralies. Burgemeester Maria Veldskoen, voorsitter van die bestuurskomitee Franciskus Skeyer en waarnemende uitvoerende hoof Hansina Isaacks word ingevolge die Wet op Anti-Korrupsie aangekla weens beweerde korrupte…
4 Oct 12PM 1 min

Uitstaande skuld bekommer Eskom

Eskom het kommer uitgespreek oor die versuim van die Stad Tshwane en die Stad Ekurhuleni om hul gesamentlike uitstaande skuld van ongeveer 4,7 miljard Suid-Afrikaanse rand te betaal. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê Tshwane skuld Eskom sowat 3,2 miljard rand weens wisselvallige betalings, terwyl Ekurhuleni 1,5 miljard…
4 Oct 12PM 1 min

Air Namibia werkers soek hul pakette

Voormalige werknemers van Air Namibia, wat drie jaar gelede gelikwideer is, het Woensdag by die Namibiese finansiële-instellings toesighoudende owerheid se kantoor in Windhoek vergader oor hul skeidingspakkette. Die werkers wag nog steeds vir van hulle geld. Weens 'n gebrek aan kommunikasie tussen die likwidateurs en Namfisa soek hulle antwoorde by…
4 Oct 11AM 1 min

'Giftige' koekies stook gemeenskap op

Die speaker van die stadsraad van Johannesburg, Colleen Makhubele, doen 'n beroep op die gemeenskap van Naledi, Soweto, om kalm te bly nadat vier kinders siek geword het nadat hulle na bewering giftige koekies geëet het wat by buitelanders se nabygeleë spaza-winkel gekoop is. Twee jong seuns is intussen dood,…
4 Oct 11AM 1 min

Voormalige NLU president praat oor sy vierjaartermyn

Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws se vierjaartermyn het tot 'n einde gekom, en Thinus Pretorius is Woensdag in sy plek verkies. Kosmos 94.1 Nuus het by die NLU se jaarlikse kongres met Gouws gesels, wat praat oor sy termyn as president en die ondersteuning wat die NLU…
4 Oct 11AM 1 min