Kaapenaars moet gelukbringer teen rommelstrooi doop

--:--
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, doen 'n beroep op inwoners om te stem vir 'n naam vir die stad se nuwe gelukbringer teen rommelstrooi. Die name op die kortlys wat saamgestel is uit die publiek se voorstelle, is Bingo, Binny, Nolitha en Phyllis-blik. Inwoners kan tot volgende Donderdag stem. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê sodra daar op 'n naam besluit is, sal die gelukbringer op 'n veldtog vertrek na openbare geleenthede, skole, skoonmaakgeleenthede deur die gemeenskap, winkelsentrums en besige kruisings reg oor die stad:
5 Jun 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Los waterkrisis op, eis DA in Gauteng

Die DA in Gauteng het 'n memorandum aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oorhandig wat die gemeenskap se eise ten opsigte van hulle basiese behoeftes en reg op water uiteensit. Daar was 'n ernstige gaping tussen die inwoners se behoeftes en wat die munisipaliteit sal voorsien. ʼn Woordvoerder van die DA,…
21 Sep 12PM 1 min

Numsa soek hernubare energie-plek vir Eskom

Die metaalwerkersvakbond Numsa eis Eskom moet 70 persent van die hernubare energie-ruimte toegewys word, vir die energie-oorgang om as regverdig beskou te word. Die nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die privaat sektor moet die oorblywende 30 persent kry. Hlubi-Majola beklemtoon steenkoolkragstasies moet nie gesluit word nie, aangesien hernubare energie nie…
21 Sep 12PM 1 min

Lae kiesersopkoms bekommer Verkiesingskommissie

Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika sê hy is bekommerd oor kiesersopkoms weens 'n afwaartse neiging voor volgende jaar se verkiesings. Die OVK sê in die plaaslike regeringsverkiesing in 2021 het slegs 46 persent van die geregistreerde kiesers na die stembus gegaan. Die OVK se adjunk-hoofverkiesingsbeampte, Masego Sheburi, het gesê kiesersopvoeding en…
21 Sep 12PM 1 min

SA Reserwebank hou repokoers onveranderd

'n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 8,25 persent te hou. Prima uitleenkoerse sal op 11,75 persent bly. Die Namibiese repokoers staan op 7,75 persent en die Bank van Namibië sal sy aankondiging op die 25ste…
21 Sep 11AM 1 min

Sunak se uitstel van klimaatdoelwitte kom teen 'duur prys'

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur Britse premier Rishi Sunak dat sekere klimaatdoelwitte uitgestel sal word. Sunak sê die besluit is geneem om huishoudings verdere ekonomiese druk te spaar. Sekere aanpassings sou ingevolge die doelwitte gemaak moes word. Maar, volgens Chris Stark van die Britse Klimaatsveranding-komitee, kom uitstel teen…
21 Sep 11AM 1 min