Covid-gevalle styg, maar daar's geen rede tot kommer nie

--:--
Die jongste Covid-syfers wek kommer. Die nuutste verslag, vir die week van 22 tot 28 Mei, dui aan dat die positiewe koers op 38 persent staan met 132 nuwe gevalle. Hospitalisering staan nou op 15 teenoor drie wat in die vorige week aangemeld is. Kenners meen die toename in syfers is geen verrassing nie en so ook die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, wat meen Covid is so by so hier om te bly.
5 Jun 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LPM kap teenkorrupsiekommissie oor 'heksejag'

Twee raadslede en 'n amptenaar van die Karasburg-dorpsraad wat in die Karasburg-landdroshof verskyn het ná hul inhegtenisname deur die teenkorrupsiekommissie, is nog steeds agter tralies. Burgemeester Maria Veldskoen, voorsitter van die bestuurskomitee Franciskus Skeyer en waarnemende uitvoerende hoof Hansina Isaacks word ingevolge die Wet op Anti-Korrupsie aangekla weens beweerde korrupte…
4 Oct 12PM 1 min

Uitstaande skuld bekommer Eskom

Eskom het kommer uitgespreek oor die versuim van die Stad Tshwane en die Stad Ekurhuleni om hul gesamentlike uitstaande skuld van ongeveer 4,7 miljard Suid-Afrikaanse rand te betaal. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê Tshwane skuld Eskom sowat 3,2 miljard rand weens wisselvallige betalings, terwyl Ekurhuleni 1,5 miljard…
4 Oct 12PM 1 min

Air Namibia werkers soek hul pakette

Voormalige werknemers van Air Namibia, wat drie jaar gelede gelikwideer is, het Woensdag by die Namibiese finansiële-instellings toesighoudende owerheid se kantoor in Windhoek vergader oor hul skeidingspakkette. Die werkers wag nog steeds vir van hulle geld. Weens 'n gebrek aan kommunikasie tussen die likwidateurs en Namfisa soek hulle antwoorde by…
4 Oct 11AM 1 min

'Giftige' koekies stook gemeenskap op

Die speaker van die stadsraad van Johannesburg, Colleen Makhubele, doen 'n beroep op die gemeenskap van Naledi, Soweto, om kalm te bly nadat vier kinders siek geword het nadat hulle na bewering giftige koekies geëet het wat by buitelanders se nabygeleë spaza-winkel gekoop is. Twee jong seuns is intussen dood,…
4 Oct 11AM 1 min

Voormalige NLU president praat oor sy vierjaartermyn

Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws se vierjaartermyn het tot 'n einde gekom, en Thinus Pretorius is Woensdag in sy plek verkies. Kosmos 94.1 Nuus het by die NLU se jaarlikse kongres met Gouws gesels, wat praat oor sy termyn as president en die ondersteuning wat die NLU…
4 Oct 11AM 1 min