Namibiese skrywer spreek manne in uniform toe

--:--
Ná die bekendstelling van sy boek getiteld "Swallow your Pride", was die skrywer en maatskaplike aktivis Leonard Akathingo 'n besige man. Die boek moedig mans aan om hul trots te sluk en te praat oor hul hartseer en kwessies, andersins kan dit bydra tot hul geestesgesondheids-probleme. Akathingo wat onlangs deur One Capital, 'n projek van die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos, genooi is om praatjies te lewer, het pas ‘n besoek in Ohangwena-streek afgesluit. Hy was ook op uitnodiging van die Nampol-bevelvoerder van die streek kommissaris Elizabeth Sibolile om met die manne in uniform oor hul kwessies van geestesgesondheid gepraat. Akathingo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
28 May 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LPM beskuldig minister, anti-korrupsie kommissie

Die opposisie LPM maak in 'n verklaring sterk kapsie teen "onregverdige optrede" deur die landelike ontwikkeling-minister Eerwaarde Erastus Uutoni, en wat hulle noem sy skoothond die anti-korrupsie kommissie, om politieke onstabiliteit in Karasburg dorpsraad te skep. Die party sê die burgemeester van Karasburg en die hele raad is in hegtenis…
2 Oct 12PM 1 min

Borsgesondheidsindaba skop 'Pink October' af

Borskanker bly 'n ernstige gesondheidskwessie in Namibië. Meer as 540 nuwe gevalle word histories jaarliks aangeteken, maar hierdie getal sal drasties toeneem sedert die bekendstelling van die "Borskliniek"-inisiatief deur die mediese spanne by die Dr AB May Kankersorgsentrum, saam met die Kankervereniging van Namibië. Om gevorderde borskanker en metastatiese borskanker…
2 Oct 11AM 1 min

Regering moet help met hoë brandstofprys

Cosatu het ernstige kommer uitgespreek oor die skerp styging in brandstof- en lampolie-pryse, met verwysing na die potensiële uitwerking daarvan op die sukkelende ekonomie en die werkersklas. Hy het 'n beroep op die regering gedoen om daadwerklik in te gryp, aangesien die brandstofprys-verhoging tot hoër inflasie en hoër rentekoerse kan…
2 Oct 11AM 1 min