Bosa kla regering aan ná kleuter sterf

--:--
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, gaan 'n aanklag van strafbare manslag teen die regering indien vir nalatigheid. Dit volg op die dood van 'n drie-jarige kleuter van Bromhof, Johannesburg, na bewering weens 'n kragonderbreking. Die woordvoerder van Bosa, Sbu Zondi sê die party het reeds vroeër die maand 'n hofbevel verkry dat die regering ononderbroke krag moet voorsien aan hospitale, skole en polisiekantore.
28 May 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Drankmisbruik sorg vir aksie op Copps 94.1

Die hoë vlakke van drankmisbruik wat in Namibië voorkom het vir aksie gesorg op die Copps 94.1-program. Dit is somtyds verbasend om te beleef hoe baie stadsinwoners, wat reeds onder ekonomiese druk verkeer, geld by kroeë en shebeens bestee, wat lei tot allerhande skermustelings. Francois Lottering was op grondvlak en…
29 Sep 11PM 2 min

Cleanergy begin bou aan groenwaterstof-vulstasie

Cleanergy Solutions Namibia, in vennootskap met die Ohlthaver en List-groep en Belgiese vennote, C-M-B.TECH, het begin met die bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai. Son-energie sal benut word om 'n skoon en hernubare bron van waterstof te skep, wat 'n eko-vriendelike oplossing vir die streek se vervoerbehoeftes…
29 Sep 12PM 1 min

Rassediskriminasie ‘by al SA se universiteite’

AfriForum Jeug het wydverspreide rassediskriminasie by openbare universiteite in 'n omvattende verslag onthul. Die studie het bevind al 26 openbare universiteite vereis rasseklassifikasie met aansoeke, met onvolledige aansoeke vir diegene wat nie hul ras bekendmaak nie. Die verslag het ten doel om aandag te skenk aan die voortdurende diskriminasie teen…
29 Sep 12PM 1 min

Mudge kap na regering oor babastortings

Mense wat kos soek het onlangs op die liggame van drie babas afgekom, wat die kwessie van babastortings weer na vore gebring het. In die mees onlangse geval is die lewelose liggame van tweeling-seuntjies by die Kupferberg-stortingsterrein in die hoofstad gevind, en vroeër die maand is die liggaam van nog…
29 Sep 11AM 1 min

Dudu Myeni kry borg na arrestasie

Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se raad, Dudu Myeni, gaan op 17 November vir die tweede keer in die landdroshof in Richardsbaai, KwaZulu-Natal verskyn. Myeni en 'n voormalige direkteur van Sondolo, Trevor Mathenjwa, is vroeër vandag in hegtenis geneem en is elk borg van 10 000 Suid-Afrikaanse rand…
29 Sep 11AM 1 min