Rugby: Stormers in Kaapstad onttroon

--:--
Rugby: Die Ierse flank John Hodnett het vier minute voor die einde van die wedstryd 'n drie gedruk en vir Munster 'n 19-14 oorwinning oor die Stormers verseker in 'n volgepakte Kaapstad-stadion. Dit was 'n spannende Verenigde Rugby Kampioenskap-wedstryd wat vir Munster hul eerste trofee in 12 jaar opgelewer het. Die besoekers het drie drieë gedruk en die tuisspan twee. Die Stormers was diep teleurgesteld omdat hulle nie die titel verower nie. Die kaptein Steven Kitshoff het ná die wedstryd só gereageer.
28 May 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Drankmisbruik sorg vir aksie op Copps 94.1

Die hoë vlakke van drankmisbruik wat in Namibië voorkom het vir aksie gesorg op die Copps 94.1-program. Dit is somtyds verbasend om te beleef hoe baie stadsinwoners, wat reeds onder ekonomiese druk verkeer, geld by kroeë en shebeens bestee, wat lei tot allerhande skermustelings. Francois Lottering was op grondvlak en…
29 Sep 11PM 2 min

Cleanergy begin bou aan groenwaterstof-vulstasie

Cleanergy Solutions Namibia, in vennootskap met die Ohlthaver en List-groep en Belgiese vennote, C-M-B.TECH, het begin met die bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai. Son-energie sal benut word om 'n skoon en hernubare bron van waterstof te skep, wat 'n eko-vriendelike oplossing vir die streek se vervoerbehoeftes…
29 Sep 12PM 1 min

Rassediskriminasie ‘by al SA se universiteite’

AfriForum Jeug het wydverspreide rassediskriminasie by openbare universiteite in 'n omvattende verslag onthul. Die studie het bevind al 26 openbare universiteite vereis rasseklassifikasie met aansoeke, met onvolledige aansoeke vir diegene wat nie hul ras bekendmaak nie. Die verslag het ten doel om aandag te skenk aan die voortdurende diskriminasie teen…
29 Sep 12PM 1 min

Mudge kap na regering oor babastortings

Mense wat kos soek het onlangs op die liggame van drie babas afgekom, wat die kwessie van babastortings weer na vore gebring het. In die mees onlangse geval is die lewelose liggame van tweeling-seuntjies by die Kupferberg-stortingsterrein in die hoofstad gevind, en vroeër die maand is die liggaam van nog…
29 Sep 11AM 1 min

Dudu Myeni kry borg na arrestasie

Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se raad, Dudu Myeni, gaan op 17 November vir die tweede keer in die landdroshof in Richardsbaai, KwaZulu-Natal verskyn. Myeni en 'n voormalige direkteur van Sondolo, Trevor Mathenjwa, is vroeër vandag in hegtenis geneem en is elk borg van 10 000 Suid-Afrikaanse rand…
29 Sep 11AM 1 min