
Geslagsgeweld, verkragting grootste kopsere in Oshikoto
--:--
Ses verdagtes van ‘n inbraak by OK se meubel-pakhuis op Tsumeb, bly in aanhouding. Dit volg nadat hulle glo yskaste, stowe en koffietafels ter waarde van byna 70 000 gesteel het. Hulle is vasgetrek na wenke van die publiek toe hulle glo die meubels wou verkoop. Inbrake en diefstal is egter nie die grootste kopseer in die streek nie. Geslagsgeweld en verkragting is van die kommerwekkendste misdaadgevalle in die Oshikoto-streek. Die polisiebevelvoerder van die streek kommissaris Theopoline Kalompo-Nashikaku het met Kosmos 94.1 Nuus gesels