DA het landwye veldtog oor water-aanlegte

--:--
Die DA het 'n dringende en landwye oorsigveldtog by alle waterbehandelingaanlegte van stapel gestuur. Die party sê die opspoor van cholera in die Vaalrivier dié week en die stelselmatige ineenstorting van waterbehandelingsaanlegte in Suid-Afrika is simptome van 'n dreigende nasionale krisis. Aanvanklike ondersoeke dui aan minder as tien-persent van die aanlegte werk optimaal. Meer as 50-persent hou 'n medium-, hoë of kritieke risiko in. Leon Basson van die DA sê net nege-persent van die watervoorsieningstelsels het volledige waterveiligheidsplanne.
27 May 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Cleanergy begin bou aan groenwaterstof-vulstasie

Cleanergy Solutions Namibia, in vennootskap met die Ohlthaver en List-groep en Belgiese vennote, C-M-B.TECH, het begin met die bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai. Son-energie sal benut word om 'n skoon en hernubare bron van waterstof te skep, wat 'n eko-vriendelike oplossing vir die streek se vervoerbehoeftes…
29 Sep 12PM 1 min

Rassediskriminasie ‘by al SA se universiteite’

AfriForum Jeug het wydverspreide rassediskriminasie by openbare universiteite in 'n omvattende verslag onthul. Die studie het bevind al 26 openbare universiteite vereis rasseklassifikasie met aansoeke, met onvolledige aansoeke vir diegene wat nie hul ras bekendmaak nie. Die verslag het ten doel om aandag te skenk aan die voortdurende diskriminasie teen…
29 Sep 12PM 1 min

Mudge kap na regering oor babastortings

Mense wat kos soek het onlangs op die liggame van drie babas afgekom, wat die kwessie van babastortings weer na vore gebring het. In die mees onlangse geval is die lewelose liggame van tweeling-seuntjies by die Kupferberg-stortingsterrein in die hoofstad gevind, en vroeër die maand is die liggaam van nog…
29 Sep 11AM 1 min

Dudu Myeni kry borg na arrestasie

Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se raad, Dudu Myeni, gaan op 17 November vir die tweede keer in die landdroshof in Richardsbaai, KwaZulu-Natal verskyn. Myeni en 'n voormalige direkteur van Sondolo, Trevor Mathenjwa, is vroeër vandag in hegtenis geneem en is elk borg van 10 000 Suid-Afrikaanse rand…
29 Sep 11AM 1 min

Ministerie gee redes vir skerp styging in brandstofpryse

Die energie-ministerie het vanmiddag aangekondig die petrolprys gaan eerskomende Woensdag met 1,90 Namibiese dollar per liter styg en die prys van diesel met 2,40 dollar per liter. Verskeie internasionale faktore het bygedra tot die skerp styging in pryse. Kosmos 94.1 Nuus het by die ministerie se woordvoerder, Andreas Simon, gaan…
29 Sep 11AM 1 min