Shifeta: Omgewingsbestuursplanne in plek vir groenwaterstof-projek

--:--
Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het sy versekering gegee dat omgewings-bestuursplanne van die groenwaterstof-projek van Hyphen Hydrogen Energy in die Tsau//Khaeb Nasionale Park deeglik in plek is. Vrae oor die beskerming van die sensitiewe omgewing van die park is tydens die ondertekening van die die mylpaal-ooreenkoms tussen die regering en Hyphen gevra. Shifeta sê die omgewingsbestuursplanne van die projek, soos dié in al die nasionale parke, word onder die wakende oog van die omgewingskommissaris uitgevoer.
27 May 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

PDM parlementslid ontstoke oor bedrog in Omaheke-streeksraad

Inna Hengari, parlementslid van die Populêre Demokratiese Beweging, het in die Nasionale Vergadering na die Staatsdienskommissie se verslag oor beweerde werknemersbedrog in die Omaheke streeksraad verwys. Sy sê sy verstaan dat die werknemers die raad terugbetaal het en nie meer in diens van die raad is nie. Die ondoeltreffendheid en…
26 Sep 11AM 1 min

Bendes ry aan die pen weens goeie inligting aan polisie

Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, sê inligting van misdaadintelligensie bly sentraal in die uitskakeling van gewapende en genadelose bendes in die land. Die polisie het die afgelope week ʼn aantal suksesse behaal, insluitende die aankeer van vermeende transitorowers in Hoedspruit, Limpopo toe vier verdagtes doodgeskiet en drie…
26 Sep 11AM 1 min

Mentorskap lei tot entrepreneurskap, sê bank

Die Ontwikkelingsbank van Namibië sê sy missie om volhoubare ekonomiese groei te bevorder met 'n baanbrekende inisiatief, die nasionale mentorskap- en afrigtingsprogram, is 'n dawerende sukses. 'n Kollektief van mikro-besighede wat hoofsaaklik uit benadeelde entrepreneurs van Katutura bestaan, het na mentorskap nege stalletjies by vanjaar se Windhoek skou. Die bank…
26 Sep 11AM 1 min

Ekandjo se wysigingswetsontwerp op huwelike goedgekeur

Die mosie oor 'n wysigingswetsontwerp op huwelike wat deur die Swapo parlementslid Jerry Ekandjo by die Nasionale Vergadering ingedien is, is goedgekeur. Dit kom na die mosie verskeie male bespreek sou word, maar dit nie gebeur het nie. Die wetsontwerp, wat 'n "eggenoot" definieer om die erkenning van selfdegeslaghuwelike te…
26 Sep 10AM 1 min

Raad bevorder Namibiese beleggingsmoontlikhede

Namibië was die middelpunt in New York toe die land se raad vir beleggingsbevordering en ontwikkeling 'n reeks aktiwiteite op die kantlyn van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangebied het. Terwyl die ekonomie die afgelope twee jaar positiewe groei aangeteken het, bly buitelandse en binnelandse beleggings die mees lewensvatbare…
26 Sep 10AM 1 min