Cyril gee magte aan elektrisiteitsminister

--:--
President Cyril Ramaphosa het ʼn proklamasie onderteken wat magte en funksies aan die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, oordra as deel van pogings om die elektrisiteitskrisis die hoof te bied. Ramokgopa is nou by magte om die verkryging van nuwe opwekkingsvermoё te bestuur en elektrisiteitsvoorsiening te verseker. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die minister sal nou met Eskom saamwerk om beurtkrag te beëindig en die Energie-aksieplan onverwyld in te stel.
26 May 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mentorskap lei tot entrepreneurskap, sê bank

Die Ontwikkelingsbank van Namibië sê sy missie om volhoubare ekonomiese groei te bevorder met 'n baanbrekende inisiatief, die nasionale mentorskap- en afrigtingsprogram, is 'n dawerende sukses. 'n Kollektief van mikro-besighede wat hoofsaaklik uit benadeelde entrepreneurs van Katutura bestaan, het na mentorskap nege stalletjies by vanjaar se Windhoek skou. Die bank…
26 Sep 11AM 1 min

Ekandjo se wysigingswetsontwerp op huwelike goedgekeur

Die mosie oor 'n wysigingswetsontwerp op huwelike wat deur die Swapo parlementslid Jerry Ekandjo by die Nasionale Vergadering ingedien is, is goedgekeur. Dit kom na die mosie verskeie male bespreek sou word, maar dit nie gebeur het nie. Die wetsontwerp, wat 'n "eggenoot" definieer om die erkenning van selfdegeslaghuwelike te…
26 Sep 10AM 1 min

Raad bevorder Namibiese beleggingsmoontlikhede

Namibië was die middelpunt in New York toe die land se raad vir beleggingsbevordering en ontwikkeling 'n reeks aktiwiteite op die kantlyn van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangebied het. Terwyl die ekonomie die afgelope twee jaar positiewe groei aangeteken het, bly buitelandse en binnelandse beleggings die mees lewensvatbare…
26 Sep 10AM 1 min

Storms, erge rukwinde brei uit na Oos-Kaap

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n vlak ses-waarskuwing uitgereik vir die Oos-Kaap, insluitend Nelson Mandelabaai, waarin inwoners gewaarsku word oor die moontlikheid van erge storms. Volgens die weerdiens moet inwoners hulself gereed maak vir swaar reënval vandag, sowel as moontlike skadelike rukwinde van tot 80 kilometer per uur. Die LUR vir…
26 Sep 10AM 1 min

Namibia Wildlife Resorts kry gesogte toekenning

Namibia Wildlife Resorts is vereer met die gesogte Institute of People Management-toekenning vir sy besonderse toewyding om jong talente in die gasvryheidsbedryf te werf en op te lei. By die prysuitdeling in Swakopmund is erkenning gegee aan die organisasie vir sy werwing van 'n groot aantal studente en assistente. Nelson…
26 Sep 10AM 1 min