Nog 'n week oor om kudde-getalle aan LPO te verskaf

--:--
Drie jaar gelede het die Lewendehawe Produsente Organisasie, of te wel die LPO, as deel van die Namibië Landbou-unie is, ’n hoogs suksesvolle opname onder sy lede gedoen om vas te stel hoe kudde-getalle in titelakte-gebiede afgeneem het gedurende die laaste verwoestende droogte. Volgens die LPO het hierdie droogte vir bykans agt jaar geduur en kudde-getalle van skape, bokke en beeste het met bykans 50 persent gedaal. Die LPO wil hierdie maand weer ’n soortgelyke opname doen om vas te stel hoe kuddes sedert 2019 herstel het. Akkurate inligting oor tendense van Namibië se nasionale kudde bestaan nie. Die vraelys se sperdatum is einde van die maand. Kosmos 94.1 Nuus het met Rina Hough, 'n lewendehawe-analis gepraat...
26 Mar 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nanso en NSFFAF vergader vanmiddag

Die leierskap van die Namibiese Studente-organisasie gaan vanmiddag met die bestuur van NSFAF vergader. Dit volg nadat Nanso op 29 Mei in 'n brief met sekere eise aan die fonds gestel het. Nanso eis onder meer die kontrakte aan die onderskeie begunstigdes en die vrystelling van die appèllys voor die…
6 Jun 9AM 1 min

Johannesburg op die rand van bankrotskap

Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, het onthul sy regering van plaaslike eenheid het 'n stad op die punt van finansiële ineenstorting geërf by die vorige DA-geleide multiparty-koalisie. Hy het tydens sy eerste stadsrede die gebrekkige begroting en roekelose finansiële bestuur beklemtoon. Ondanks 'n gesonde kontantbalans van 6,6 miljard Suid-Afrikaanse…
6 Jun 9AM 1 min

Eskom: Patroon van fase 3 en geen beurtkrag

Eskom sal fase 3-beurtkrag implementeer oor die aand-spitstydperke vanaf vier-uur vanmiddag tot middernag. Beurtkrag sal van middernag tot môremiddag vier-uur opgeskort word. Hierdie patroon waar beurtkrag vanaf middernag tot vier-uur opgeskort word en fase 3-beurtkrag vanaf vier-uur tot middernag geïmplementeer word, sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing, volgens Eskom…
6 Jun 9AM 1 min

SA water-infrastruktuur ervaar struikelblokke

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê die versekering van watergehalte in munisipaliteite regoor die land bly 'n top-prioriteit. Talle uitdagings belemmer egter pogings in hierdie verband. Mchunu het op 'n nuuskonferensie oor die vrystelling van die Tussentydse Blou-, Groen- en Geen Druppel-verslae gepraat oor die verskillende…
6 Jun 8AM 1 min

Tennis: Twee Skandinawiërs weer in kwarteind in Frans Ope

Tennis: Daar gaan 'n herhaling wees van verlede jaar se Skandinawiese Franse Ope-kwarteindstryd, ná oorwinnings vir Holger Rune en Casper Ruud. Die Noorse vierde gekeurde Ruud het hard gewerk teen Nicolas Jarry, maar het uiteindelik met 7-6, 7-5, 7-5 geseëvier. Rune, van Denemarke, maak tans gereed vir 'n kwarteindstryd teen…
6 Jun 8AM 1 min