Springbok-vroue se loesing 'n goeie les vir die span

--:--
Die Springbok-Vroue se tussentydse afrigter Louis Koen sê die tien-drieë-teenoor-een-loesing wat hulle gister in Madrid teen Kanada op die lyf geloop het, het die span na die werklikheid teruggebring. Maar hulle is nou meer vasberade as ooit om die gaping tussen hulle en die wêreld se topspanne te verklein. Suid-Afrika, wat 13de op die ranglys is, het in albei helftes vyf drieë afgestaan teen die Kanadese, die wêreld se vierde beste span. Koen sê, as dit nie vir die desperate en dapper verdediging, met tye, van sy span was nie, kon die eindtelling van 66-7 nog erger gewees het:
26 Mar 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Eskom: Patroon van fase 3 en geen beurtkrag

Eskom sal fase 3-beurtkrag implementeer oor die aand-spitstydperke vanaf vier-uur vanmiddag tot middernag. Beurtkrag sal van middernag tot môremiddag vier-uur opgeskort word. Hierdie patroon waar beurtkrag vanaf middernag tot vier-uur opgeskort word en fase 3-beurtkrag vanaf vier-uur tot middernag geïmplementeer word, sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing, volgens Eskom…
6 Jun 9AM 1 min

SA water-infrastruktuur ervaar struikelblokke

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê die versekering van watergehalte in munisipaliteite regoor die land bly 'n top-prioriteit. Talle uitdagings belemmer egter pogings in hierdie verband. Mchunu het op 'n nuuskonferensie oor die vrystelling van die Tussentydse Blou-, Groen- en Geen Druppel-verslae gepraat oor die verskillende…
6 Jun 8AM 1 min

Tennis: Twee Skandinawiërs weer in kwarteind in Frans Ope

Tennis: Daar gaan 'n herhaling wees van verlede jaar se Skandinawiese Franse Ope-kwarteindstryd, ná oorwinnings vir Holger Rune en Casper Ruud. Die Noorse vierde gekeurde Ruud het hard gewerk teen Nicolas Jarry, maar het uiteindelik met 7-6, 7-5, 7-5 geseëvier. Rune, van Denemarke, maak tans gereed vir 'n kwarteindstryd teen…
6 Jun 8AM 1 min

Mutualites bewillig N$100 000 aan 10 organisasies

Die Old Mutual Staff Community Builder is 'n inisiatief van die Old Mutual-stigting wat daarop gemik is om sy werknemers te bemagtig om betrokke te raak by verskeie maatskaplike projekte. Tien personeellede het 'n totaal van 100 000 Namibiese dollar aan verskeie organisasies toegewy, om hulle te bemagtig om positiewe…
6 Jun 7AM 1 min

SPYL sal nie onmiddellik debat oor gay-huwelike ter tafel lê nie

Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy sessie na hy op 28 April in reses gegaan het. Na die hooggeregshof beslissing oor die erkenning van buitelandse eggenote in gay-huwelike, het die Swapo-jeugliga skerp kritiek gelewer en onderneem om die kwessie in die parlement te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
6 Jun 7AM 1 min