Dis Aarde-uur vanaand om 20:30, skakel ligte af

--:--
Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres doen ‘n beroep op almal om Aarde-uur te herdenk. Elke jaar skakel mense hul ligte af vir ‘n uur om ons te herinner dat almal ‘n rol in die bekamping van klimaatsverandering kan speel. Aarde-uur vind vanaand om half-agt plaaslike tyd in Namibië plaas. Volgens Guterres, tel elke minuut en elke uur.
25 Mar 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

AfriForum eis antwoorde nadat lisensiedrukker wéér breek

AfriForum eis antwoorde van die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, nadat die land se enigste lisensie-drukker weer gebreek het – die tweede keer in minder as 'n jaar. Dit lei tot vertragings met die vervaardiging van bestuurs-lisensiekaarte. Ernst van Zyl van AfriForum sê geen opdaterings is oor die masjien verskaf…
5 Jun 10AM 1 min

SA begin met landwye veldtog om slaggate te takel

Die departement van vervoer in die buurland het met ʼn landwye veldtog begin om slaggate en padinfrastruktuur onder die loep te neem. Suid-Afrikaanse paaie gaan agteruit weens swak bouwerk en word vererger deur stortreën en oorstromings. Volgens die woordvoerder van die departement, Collen Msibi, het die presidensiële koördineringsraad die veldtog…
5 Jun 9AM 1 min

Kaapstadse Funny Festival in Baxter-teater

Die Stad Kaapstad sê terwyl die winter behoorlik nesskrop en binnenshuise geleenthede oral plaasvind, neem die Kaapstadse Funny Festival die Baxter-teater oor vir ʼn maand lange komedie-verskeidenheidsprogram van vandag tot 2 Julie. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê die fees beleef sy 24ste seisoen. Volgens hom is…
5 Jun 9AM 1 min

Twaalf studente van Fort Hare vas ná plundery

Twaalf studente aan die Universiteit van Fort Hare is in hegtenis geneem in verband met opsetlike beskadiging van eiendom en inbraak in Alice in die Oos-Kaap. Dit volg ná 'n groep studente na bewering 'n kafeteria geplunder en ook verskeie van die universiteit se eiendomme op die kampus in Alice…
5 Jun 9AM 1 min

Studie toon Namibiërs eet te min vis

Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust het 'n vennootskap met die Sam Nujoma Navorsingsentrum vir Mariene en Kushulpbronne by Unam se Sam Nujoma-kampus in Hentiesbaai gesluit om 'n opname te doen om die per capita visverbruik op beide streeks- en nasionale vlak te bepaal. Die opname se hoof-doelwitte sluit in…
5 Jun 8AM 1 min