So lyk die vooruitsigte vir reën die naweek

--:--
Die Namibiese Suide en suidoostelike dele moet nog langer wag op reën terwyl ander dele van die land ‘n paar buie kan ontvang. Daar is hoop vir verligting voor die winter intree na die skade van sikloon Freddy aan ons reënseisoen berokken het. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus van bedryf by die Namibië Meteorologiese Diens gesels oor die naweek se vooruitsig.
25 Mar 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Studie toon Namibiërs eet te min vis

Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust het 'n vennootskap met die Sam Nujoma Navorsingsentrum vir Mariene en Kushulpbronne by Unam se Sam Nujoma-kampus in Hentiesbaai gesluit om 'n opname te doen om die per capita visverbruik op beide streeks- en nasionale vlak te bepaal. Die opname se hoof-doelwitte sluit in…
5 Jun 8AM 1 min

Gautengse gesondheidsdepartement onderbestee begroting

Die DA in Gauteng sê ondanks reuse-behoeftes kon die provinsiale gesondheidsdepartement nie daarin slaag om 'n yslike 2,7 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy begroting in die 2022/23-boekjaar te bestee nie. Die jaar het op 31 Maart afgesluit. Die inligting is op 'n vergadering van die oorsigkomitee vir gesondheid bekend gemaak…
5 Jun 8AM 1 min

Kaapenaars moet gelukbringer teen rommelstrooi doop

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, doen 'n beroep op inwoners om te stem vir 'n naam vir die stad se nuwe gelukbringer teen rommelstrooi. Die name op die kortlys wat saamgestel is uit die publiek se voorstelle, is Bingo, Binny, Nolitha en Phyllis-blik. Inwoners kan tot volgende Donderdag stem. Die…
5 Jun 7AM 1 min

N$13m in 'struggle kids' se rekening is almal s'n

Reaksie word ontvang op berigte dat die kantoor van die eerste minister blykbaar met die sogenaamde kinders van die vryheidstryd ontmoet om ‘n plan te bewerk oor 13 miljoen Namibiese dollar wat in ‘n rekening in die kantoor onder die kinders se naam is. Die rekening is deur die ouditeur-generaal…
5 Jun 7AM 1 min

Covid-gevalle styg, maar daar's geen rede tot kommer nie

Die jongste Covid-syfers wek kommer. Die nuutste verslag, vir die week van 22 tot 28 Mei, dui aan dat die positiewe koers op 38 persent staan met 132 nuwe gevalle. Hospitalisering staan nou op 15 teenoor drie wat in die vorige week aangemeld is. Kenners meen die toename in syfers…
5 Jun 7AM 1 min