Wêreldkankerdag vandag herdenk

--:--
Die Kankervereniging van Namibië herdenk vandag saam met die internasionale gemeenskap Wêreld-kankerdag. Die tema vir vanjaar is “Close the care Gap: Uniting our voices and taking action.” Ongeveer 1,1 miljoen nuwe kankergevalle kom elke jaar in Afrika voor, met ongeveer 700 000 sterftes. Data-beramings toon 'n aansienlike toename in kankersterftes tot byna een miljoen sterftes per jaar teen 2030, sonder dringende ingrypings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tareekuje Tjiriange, die registrateur van die vereniging gepraat wat die syfers van kankergevalle in Namibië deel.
4 Feb 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Suid-Afrika moet eie besluit oor Vladimir Putin se arres maak

Die African Transformation Movement sê dit is belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika 'n soewereine staat is en toegelaat moet word om sy eie bepaling te doen oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese President Vladimir Putin. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die Suid-Afrikaanse howe moet bepaal…
28 Mar 7AM 1 min

Franse stakings: Daar is genoeg diesel in Namibië

Waarskuwingsligte flikker reeds op Europese dieselmarkte. Daar is ‘n laer aanbod na drie weke van ontwrigting by Franse raffinaderye weens stakings in daardie land. Talle aanlegte het uiters lae uitset, indien enige. Daar kan ‘n moontlike styging in die prys wees maar, volgens Namcor, is daar genoeg voorraad in die…
28 Mar 7AM 1 min

Keer so vir toenemende misdaad

Namibië ervaar toenemende gevalle van misdaad, veral geweldsmisdade soos geslagsgeweld tesame met verkragting, moord en poging tot moord, aanranding, sowel as ekonomiese misdade. As gevolg van die ekonomiese druk word burgers die slagoffers van misdadigers. Tussen 2021 en 2022 is 'n totaal van 98 640 kriminele sake landwyd aangemeld, wat…
28 Mar 7AM 1 min

GRN moet ook kleiner projekte ondersteun vir konstruksiebedryf

Die Namibiese konstruksiesektor wil maar net nie ten volle herstel ná die Covid-pandemie en moeilike ekonomiese omstandighede nie. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het na die Konstruksiebedryf-federasie uitgereik…
28 Mar 7AM 1 min