Ramptoestand is waansin - Solidariteit

--:--
Solidariteit sê die afkondiging van 'n ramptoestand om die land se energiekrisis te hanteer, sal weereens die deure oopmaak vir grootskaalse bedrog en korrupsie. Die kragkrisis was die naweek by sy lekgotla hoog op die agenda van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, waar ag geslaan is op toenemende oproepe om die krisis as 'n nasionale ramptoestand te verklaar. Connie Mulder van Solidariteit sê dis waansin om die regering met die magte van 'n ramptoestand te vertrou terwyl hulle wanbestuur die oorsaak van die ramp is:
1 Feb 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Suid-Afrika moet eie besluit oor Vladimir Putin se arres maak

Die African Transformation Movement sê dit is belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika 'n soewereine staat is en toegelaat moet word om sy eie bepaling te doen oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese President Vladimir Putin. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die Suid-Afrikaanse howe moet bepaal…
28 Mar 7AM 1 min

Franse stakings: Daar is genoeg diesel in Namibië

Waarskuwingsligte flikker reeds op Europese dieselmarkte. Daar is ‘n laer aanbod na drie weke van ontwrigting by Franse raffinaderye weens stakings in daardie land. Talle aanlegte het uiters lae uitset, indien enige. Daar kan ‘n moontlike styging in die prys wees maar, volgens Namcor, is daar genoeg voorraad in die…
28 Mar 7AM 1 min

Keer so vir toenemende misdaad

Namibië ervaar toenemende gevalle van misdaad, veral geweldsmisdade soos geslagsgeweld tesame met verkragting, moord en poging tot moord, aanranding, sowel as ekonomiese misdade. As gevolg van die ekonomiese druk word burgers die slagoffers van misdadigers. Tussen 2021 en 2022 is 'n totaal van 98 640 kriminele sake landwyd aangemeld, wat…
28 Mar 7AM 1 min

GRN moet ook kleiner projekte ondersteun vir konstruksiebedryf

Die Namibiese konstruksiesektor wil maar net nie ten volle herstel ná die Covid-pandemie en moeilike ekonomiese omstandighede nie. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het na die Konstruksiebedryf-federasie uitgereik…
28 Mar 7AM 1 min