Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raadt

--:--
JOB 23
Job: Wat God wil, doen Hy
1Toe het Job weer gepraat:
2“Ek kla nog steeds uit opstandigheid,
ek kan nie ophou kla nie.
3As ek maar geweet het waar om God te vind,
sou ek na sy woonplek toe gaan
4en my saak voor Hom lê,
my pleidooie aan Hom stel.
5Ek sou van Hom antwoord probeer kry,
probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.
6Hy sal tog nie met sy groot krag teen my 'n saak voer nie;
Hy sal my dit nie aandoen nie,
7want dit sou 'n opregte mens wees wat daar voor Hom pleit
en ek sou vir altyd deur my Regter vrygespreek word.
22 Jan 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 4 Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed 1Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n…
25 Mar 2AM 15 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 3 Beheersing van die tong 1My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. 2Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte…
24 Mar 2AM 17 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 2 Glo en doen 14Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? 15Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en…
23 Mar 2AM 21 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Hanneke Meyer

JAKOBUS 2 Moenie volgens die uiterlike oordeel nie 1My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en…
22 Mar 2AM 17 min