Weerkenner: La Niña-stelsel verswak

--:--
Weerkenners sê op kort termyn, maar veral die langer termyn, begin reënvaltoestande in Suider-Afrika verswak. Die La Niña-stelsel se onlangse tydelike oplewing kan van korte duur wees. Dit sal in Januarie vinnig verswak om oor te gaan in neutrale toestande. Die bekende onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, Johan van den Berg, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe reënvooruitsigte vir Namibië lyk.
5 Jan 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dis Aarde-uur vanaand om 20:30, skakel ligte af

Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres doen ‘n beroep op almal om Aarde-uur te herdenk. Elke jaar skakel mense hul ligte af vir ‘n uur om ons te herinner dat almal ‘n rol in die bekamping van klimaatsverandering kan speel. Aarde-uur vind vanaand om half-agt plaaslike tyd in Namibië…
25 Mar 3AM 1 min

So lyk die vooruitsigte vir reën die naweek

Die Namibiese Suide en suidoostelike dele moet nog langer wag op reën terwyl ander dele van die land ‘n paar buie kan ontvang. Daar is hoop vir verligting voor die winter intree na die skade van sikloon Freddy aan ons reënseisoen berokken het. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi,…
25 Mar 3AM 1 min

Driekamp keer volgende jaar na kus toe terug... en nog is op pad

Die Afrika-driekamp Sprint Cup is in volle swang op Swakopmund. Die geleentheid, wat deur Prosperity Health en RMB aangebied word, sal 140 atlete van 22 lande sien meeding en volgens Klaus Goldbeck, raadslid vir bestuur by die Swakopmund-munisipaliteit, sal die driekamp weer volgende jaar op Swakopmund gehou word, met talle…
25 Mar 2AM 1 min

Drankmisbruik dryf (weer) Copps-insidente aan

Insidente op die Copps 94.1-program is, soos gebruiklik, deur alkohol aangedryf. Drankmisbruik in Namibië wek reeds jare lank kommer by owerhede en die jongste navorsing, wat in 2019 uitgevoer is, toon dat hoër inkomste drank gebruik aanhits, maar, dat armer gemeenskappe meer geneig is om verslaaf te raak en buite…
24 Mar 11PM 1 min

SA-huishoudings skaal af of verkoop eiendom om te oorleef

Nes in Namibië, is huishoudings in Suid-Afrika onder druk. In die buurland word verbruikers gedwing om kleiner eiendomme aan te skaf of om te verkoop om sodoende kop bo water te hou terwyl moeilike ekonomiese toestande voortduur. Januarie se statistiek vir residensiële geboue toon weens die stygende rentekoerse 'n skerp…
24 Mar 11PM 1 min