Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden
--:--
PSALMS 84
Hoe lief het ek u woning, Here
1Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!
3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here;
met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.
4Selfs 'n mossie het 'n nes
en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies
daar by u altare, Here, Almagtige,
my Koning en my God!
5Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is:
hulle hou nie op om U te prys nie.
Sela
6Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind
en graag na u tempel toe gaan.
7Vir hulle gaan daar fonteine oop
wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek
en die vroeë reëns sy seëninge bring.
8Keer op keer ontvang hulle nuwe krag
totdat hulle voor God in Sion verskyn.
9Here, almagtige God, hoor my gebed,
luister tog, God van Jakob!
Sela
10Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God;
hou u gesalfde onder u sorg.
11Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite.
Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God
as om te woon in huise sonder God.
12Die Here God is ons krag en ons beskerming,
die Here gee genade en eer,
Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.
13Here, Almagtige,
dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!
JAKOBUS 1
Versoeking en verleiding
12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
13Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.
16Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.