Sondagaand Erediens - Past Danel Verwey

--:--
JOHANNES 16
Julle moet nie van My afvallig word nie
1“Hierdie dinge sê Ek vir julle sodat julle nie afvallig word nie. 2Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs 'n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys. 3En dit sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. 4Maar Ek sê dit nou vir julle, sodat wanneer die tyd daarvoor aanbreek, julle daaraan moet dink dat Ek dit vir julle gesê het. Ek het dit egter nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat Ek nog by julle was.”
Die werk van die Heilige Gees
5“Nou gaan Ek na Hom toe wat My gestuur het, en tog vra niemand van julle vir My: ‘Waar gaan U heen?’ nie. 6Maar omdat Ek dit vir julle sê, is julle harte vol droefheid. 7Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. 8En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. 9Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie; 10die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie; 11die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel.
12“Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. 13Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 15Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.
25 Sep 2022 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JEREMIA 31 1Daardie tyd, sê die Here, sal Ek die God van al die stamme van Israel wees, en hulle sal my volk wees. 2So sê die Here: Israel, die volk wat aan die swaard ontkom het, is begenadig in die woestyn, hy sal na sy rusplek toe kom. 3Van…
1 Dec 1AM 14 min

Wat sê die Woord - DR E (Dr Elrike)

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
29 Nov 12PM 59 min

Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

JESAJA 53 1Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien? 2Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na…
30 Nov 1AM 14 min

Woensdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

EKSODUS 3 God openbaar Hom aan Moses 1Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het. 2Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n…
29 Nov 1AM 15 min

Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

GENESIS 45 Josef sê vir sy broers wie hy is 1Josef kon homself nie langer bedwing voor die mense wat hom bedien het nie. Hy het hulle almal beveel om van hom af weg te gaan, en daar was van dié wat hom gedien het, nie een by hom toe…
28 Nov 1AM 15 min