Woensdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

--:--
1 PETRUS 1

13Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.

17Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld. 18Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. 20Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. 21Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.
Weergebore deur die lewende en ewige woord van God
22Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. 23Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. 24Die Skrif sê:
“Die mens is soos gras,
en al sy prag soos 'n veldblom;
die gras verdor en die blom val af,
25maar die woord van die Here,
dít bly vir ewig.”
En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.
Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Vind meer uit oorAfrikaans 1983
Verken 1 PETRUS 1 se verse
Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God te soek.
BEDIENING
Iets oor Ons
Werksgeleenthede
Vrywilliger
Webjoernaal
Media
NUTTIGE SKAKELS
Hulp
Skenk
(2,813) Bybelweergawes
(1,873) Bybeltale
Vers-van-die-dag
'N DIGITALE BEDIENING VAN
Afrikaans (South Africa)
© 2022 Life.Church / YouVersion

Privaatheidsbeleid
Voorwaardes
7 Sep 2022 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

LUKAS 10 Die barmhartige Samaritaan (Matt. 22:34-40;Mark. 12:28-34) 25Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” 26Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees…
5 Dec 1AM 15 min

Maandag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 13 Die gelykenis van die saaier (Mark. 4:1-9;Luk. 8:4-8) 1Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 2'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op…
4 Dec 1AM 20 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

HABAKUK 3 Habakuk se gebed 1'n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van 'n klaaglied. 2Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons…
3 Dec 12PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

MALEAGI 4 1Die dag kom en hy brand soos 'n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie 'n wortel, nie 'n…
3 Dec 2AM 28 min

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

MIGA 6 1Hoor wat die Here sê: Maak klaar, roep die berge as getuie, laat die heuwels hoor wat jy te sê het. 2Berge, vaste fondamente van die aarde, julle moet luister na die saak wat die Here het. Die Here het 'n saak teen sy volk, Hy het Israel…
2 Dec 1AM 17 min