Episode 3: Agri Tegnologie-seminaar

Case IH het vroeër vanjaar ’n Tegnologie-seminaar op Dullstroom aangebied.
Die paneel het ingesluit prof. Ferdi Meyer (Besturende direkteur, Buro vir Voedsel- en Landboubeleid), dr. Theo de Jager (President, Wêreld Landbou-organisasie), Tony Esmeraldo (Besigheidsdirekteur, Corteva) en Derek Mathews (Voorsitter, Graan SA), en die onderwerp onder bespreking was die rol wat tegnologie kan speel om Suid-Afrikaanse boere meer volhoubaar te maak.
Volgens Jacques Taylor, Besturende Direkteur van Case IH, was die doel van die seminaar om ’n platform te skep vir die industrie om met mekaar te gesels, terwyl Federico Bellotto (CNH Industrial) bygevoeg het dat dit ’n inisiatief is om nader aan die verbruiker te beweeg.

Gedurende Episode 3 kry sateliet-byeenkomste in Parys, Somerset-Wes en Bergville die geleentheid om vrae te stel aan die paneel, terwyl Chris Burgess (Hoofredakteur van Landbou-weekblad) die seminaar afsluit met ’n paar algemene gedagtes rondom die landbou-bedryf in Suid-Afrika.