Maandag Oggenddiens - Past Theo Theron

--:--
JAKOBUS 1
1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus.
Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.
Groete!
Geloof en wysheid
2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. 5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7-8So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
Arm en ryk in die gemeente
9'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, 10en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos 'n veldblom. 11As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.
18 Jul 2022 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

ROMEINE 14 22Laat jou oortuiging hieroor 'n saak tussen jou en God wees. Gelukkig is die man wat hom nie hoef te verwyt oor wat hy hom veroorloof nie. 23As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets…
8 Jun 2AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JESAJA 59 Ons sondes kla ons aan 1Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. 2Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak…
7 Jun 2AM 15 min