Dis dan so koud... waar's Covid?

Kouer weer is die afgelope twee jaar geassosieer met ‘n skerp toename in Covid-gevalle en verlede jaar het die land sy ergste vlaag van infeksies en sterftes beleef. Die jaar kom dit heel anders voor met gevalle wat daagliks daal en aktiewe gevalle wat op 162 staan. Covid-gevalle het egter nie vanjaar tydens die winterseisoen gestyg nie. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Willie Bruwer, 'n spesialis-geneesheer en pulmonoloog gesels om uit te vind of die pandemie verby is.