Vrydag Oggenddiens - Past Dries Venter

JOHANNES 11

32Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.”
Jesus laat Lasarus uit die dood opstaan
33Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. 34Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?”
Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.”
35Jesus het gehuil. 36Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!”