Episode 151: Ben Groot

KLIPRADIO  |  KLIPKOUERS SON
Ben Groot is ’n prokureur wat spesialiseer in handelsreg.

Hy is egter van skooldae ook reeds passievol oor entrepreneurskap en besigheidsbestuur, en het, benewens sy eie, florerende regspraktyk, wat selfs na Namibië uitgebrei het, ook Lexa, ’n innoverende toep wat oop kommunikasie en tydige terugvoer tussen regsfirmas en hul kliënte bevorder, van stapel gestuur.

Dit was ’n uitvloeisel van sy MBA-studies aan die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool, maar verál ook omrede kliëntverhoudings vir Groot, as prokureur, voorop staan.
In sy vrye tyd leer hy besigheidsbeginsels vir sy kinders deur Springwêreld, ’n klein tuisonderneming wat springkastele uitverhuur.