Episode 148: Deon Meyer

--:--
Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte.

Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is.

Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai.

In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, afkeuring en mislukking wat daarmee gepaardgaan, te verwerk.

Nie eens vlymskerp kritiek, soos ‘Hierdie ou sal nooit kan skryf nie’, kon hom egter van stryk bring nie, en na sy deurbraak met die TV-reeks, Orion, in 1998, het Deon Meyer nooit weer teruggekyk nie.
17 Mar 2022 Afrikaans South Africa Business · Business

Other recent episodes

Episode 173: Sepp Eckmaier

Vanuit die omstrede Afrikaner-nedersetting van Orania, in die hartjie van die Karoo en op die oewer van die Oranjerivier, word al vir die afgelope bykans 10 jaar tradisionele Duitse bier gebrou wat vir Suid-Afrikaanse skuimkop-liefhebbers, van heinde en ver, gaande het. Sepp Eckmaier het vir Orania ontdek tydens ’n gesinsvakansie…
9 Jun 43 min

Klipkouers SON: WEEK 20

Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.
2 Jun 1 hr 12 min

Klipkouers SON: WEEK 19

Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
8 May 1 hr 29 min

Klipkouers SON | W18E4 | Volle Onderhoud

Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is 'n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaner entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
10 Mar 1 hr 56 min

Klipkouers SON | W18E3 | Finansies

10 Mar 24 min