Nust bied kreatiewe maniere aan om mens-olifant-konflik op te los

Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die biodiversiteitsentrum van Nust, is tans in die Kamanjab-omgewing om oplossings vir mens-olifant-konflik te vind. Hy sê hulle is besig met ‘n dinkskrum saam met beamptes van die omgewingsministerie, boere in die omgewing, en lede van kommunale bewaringsgebiede om te kyk na meer kreatiewe antwoorde vir mens-olifant-konflik. Hauptfleisch sê aan Kosmos 94.1 Nuus olifantkorridors en byekorfheinings is van die maniere om konflik op te los.