Episode 145: Heinrich Becker

Die wyse waarop myne funksioneer is besig om radikaal te transformeer.
Digitale oplossings help om ’n mynbou-omgewing te skep wat veilig en volhoubaar is, met ’n geïntegreerde werksmag wat stimulerende take verrig.

Heinrich Becker is die Uitvoerende Direkteur en mede-stigter van Krypton Mining, ’n innoverende maatskappy wat spesialiseer daarin om wêreldklas digitale mynbou-oplossings aan die Afrika-mark bekend te stel.

Heinrich beskik oor uitgebreide ervaring in terme van besigheidsontwikkeling, en spesifiek die definiëring en implementering van besigheidsbevordering en optimiseringsinisiatiewe.

Volgens hom is behoefte-analise egter ‘n deurslaggewende stap wat geneem moet word alvorens ’n maatskappy op ’n tegnologiese oplossing besluit.