Spektrum 21 Oktober 2021

RSG  |  SPEKTRUM
Vier vermiste kinders van Polokwane is nog soek. ACSA lei 'n reuseverlies weens die pandemie, hoewel dit nie onverwags is nie. 'n Sielkundige deel haar mening oor jong kinders wat self mediese besluite mag neem. Oudpresident Jacob Zuma dien 'n klagte in teen advokaat Billy Downer. Ayoba! Scrabble stel 'n spesiale Suid-Afrikaanse weergawe bekend! Ons vind meer uit oor die reuse heliumveld wat in die Vrystaat ontdek is.