Wat eet ons vanaand - RANDREKKER 11 - Souttert

RANDREKKER 11 - Souttert

Bestanddele:
1 blikkie tuna
2 k gaar rys
4 eiers
½ k mayonnaise
¼ k melk
1 k kaas van jou keuse
1 pakkie Bacon Bits
1 soetpeper
1 ui, gerasper
Witsous
Genoeg pasta vir die porsies
Metode:
1. Braai die ui, sampioene en soetpeper saam in ‘n bietjie olie.
2. Meng die melk en mayonnaise saam en voeg die kaas by. Mikrogolf vir 30 sekondes.
3. Pak die Bacon Bits in ‘n tertbak en gooi die uie en witsousmengsels om die beurt in lae in die bak.
4. Bak teen 180˚C in die oond vir 20-minute totdat dit bo-op bruin is.