RSG Landbou 21 September 2021

‘n Dormer-ram het onlangs geskiedenis gemaak toe dit vir R350 000 by 'n veiling in Bloemfontein verkoop is! Die eienaar, Tjaart Steenekamp, gesels oor dié uitsonderlike dier. Vooruitsigte vir die kanolabedryf lyk belowend, en ‘n bogemiddelde oes word verwag. Zander Spammer van Southern Oil vertel waaraan dit toegeskryf kan word. Dr. Gary Paterson van die Landbounavorsingsraad praat oor gronddata. Heinrich Victor het nuus oor die jongste wolpryse.