Kariega-sentrum staan swanger vroue in krisis by

RSG  |  DRIESESTIG
Op Kariega, vroeër bekend as Uitenhage, vind jy talle vrywilligers wat vroue en meisies bystaan wat 'n krisis beleef omdat hulle swanger is. Dié ondersteuning word nie net tydens swangerskap gebied nie, maar kan selfs 'n paar jaar ná die geboorte van die kind duur. Mariska Spoormaker wou by Johanna George, direkteur van die New Life Crisis Pregnancy Centre, weet wat ‘n krisis-swangerskap is.