Bosbokkie ry fiets na sy redding

RSG  |  DRIESESTIG
In Februarie vanjaar het 'n Baaise fietsryer naby die universiteit 'n baba bosbokkie langs Marine-rylaan sien lê. Omdat die ma nêrens te sien was nie, het hy die bokkie opgetel, onder sy arm vasgehou en verder getrap om hom na veiligheid te bring. Ná sewe maande se rehabilitasie is die rammetjie, sir Mark, nou reg om in die natuur vrygelaat te word danksy die liefdevolle versorging van Marizanne Kemp-Ferreira. Sy help om weerlose babadiertjies, van muishond tot boerbokkie, skaap en wildsbokkie, groot te maak. Mariska Spoormaker het by haar gaan inloer.