Wat eet ons vanaand - BEKOSTIGBARE WORSBREDIE

BEKOSTIGBARE WORSBREDIE
Bestanddele
*4 aartappels (geskil, in kwarte gesny)
*1kg wors in ring
*½ pakkie Garlic Instant Creamy sous
*1e Bruin uiesoppoeier
*½k mayonnaise
*2 groot uie

Metode
1. Kook aartappels in ‘n pot met water tot gaar.
2. Braai uie en wors tot bruin.
3. Voeg aartappels by.
4. Meng die mayonnaise, sop poeier, knoffelsous saam met ‘n koppie water.
5. Meng by wors en laat prut vir 10-minute en bedien saam met rys of broodrolletjies.