Wat eet ons vanaand - SMAAKLIKE MAALVLEIS EN PASTAGEREG

SMAAKLIKE MAALVLEIS- EN PASTAGEREG
(Maak 8 x 200 g porsies)
Bestanddele:
*500 g maalvleis
*¼ pak sampioene
*1 ui
*1 blik tamatie met basilie
*3 k pasta
*1 pak Royco Bolognaise Dry Mix
*1 k cheddar-kaas, gerasper
Metode:
1. Kook die pasta tot bykans gaar in ‘n pot met water en ‘n bietjie sout.
2. Braai die ui en sampioene in ‘n bietjie olie in ‘n pan.
3. Voeg die maalvleis by die ui en sampioene en braai verder.
4. Maak die pakkie Royco aan en voeg by die maalvleis. Laat prut vir 10 minute oor lae hitte.
5. Plaas die pasta in ‘n oondvaste bake n gooi die maalvleisengsel daaroor.
6. Strooi die kaas bo-oor en bak vir 20 minute in voorafverhitte oond teen 180˚C.
Bedien met slaai.