Rand en sent 4 Julie 2021

Carla Oberhlozer van Debtsafe verduidelik die proses om ‘n begroting op te stel, en sy sêmense moet op die uitkyk vir bemarkingsfoefies sodat hulle nie om die bos gelei word nie. Charles Geel van Charles Geel en Vennote gesels oor die in duplum-reël, en moedig verbruikers aan om eerlik te wees oor hulle finansiële situasie en om roekelose skuld te vermy. Ian Scott van Momentum Beleggings waarsku teen vinnig ryk word, en gesels oor die verantwoordelikheid wat op fondsbestuurders se skouers rus.