Rand en sent 27 Junie 2021

Charles Geel van Charles Geel en Vennote praat oor die rol van die Nasionale Kredietreguleerder, en wat die Nasionale Kredietwet vir verbruikers beteken. Hy verduidelik hoe die wet roekelose skuld probeer beperk, en watter verligting skuldberading aan verbruikers bied. Richus Nel, 'n finansiële adviseur by PSG Wealth, gesels oor die rol van ‘n finansiële adviseur en die span kundiges wat raad gee oor wetgewing wat kliënte raak. Hy moedig jou aan om ‘n finansiële plan te kry om finansieel sterker te word.