Kommer oor openbare skuld, swakker hawens en skerper aanslag teen ekonomiese vryhede

In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit. Die soeklig word ook geplaas op die swak prestasie van plaaslike hawens en vrae gevra oor die regering se beleidstellings wat lyk of dit tot ʼn skerper aanslag teen ekonomiese vryhede in Suid-Afrika kan lei.