#7  [Ep.7] HOOFSTUK 8 – Die ANC-regering voel al hoe meer soos ’n besettingsmag

Die Boereleiers het teen die einde van die Anglo-Boereoorlog ’n uiterste laaste aanbod aan die Britte gemaak in ’n vergeefse poging om hul vryheid te behou en vrede te bewerkstellig. Hulle het aangebied dat die Britte die Witwatersrand se goudvelde kon kry in ruil vir die behoud van die Republieke se onafhanklikheid. Die historikus Hermann Giliomee het die Boere se aanbod so treffend gestel: “Vat ons goud, maar los ons vryheid.”

Luister hier na Hoofstuk 8 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip Buys.

Die pad na selfbestuur is uitgegee deur Kraal Uitgewers en kan bestel word by https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/die-pad-na-selfbestuur-anderkant-die-mislukking-van-staatsbestuur/. Gebruik die kode ‘Selfbestuur’ om R100 te spaar! (Slegs terwyl voorraad hou)

Hierdie is episode 7 van 23. Ander voorlesings in hierdie reeks kan geluister word op die Kraal webblad by https://www.kraaluitgewers.co.za/kraaluitgewers-klankopnames/boekvoorlesings-die-pad-na-selfbestuur/.