Episode 133: Johan Badenhorst

JACQUES BASSON  |  KLIPKOUERS
Suid-Afrikaners is die afgelope dekade reeds vertroud met en versot op Voetspore, die reeks van reisdokumentêre programme op SABC 2.

Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige sitkamers regoor die land, vanweë die epiese togte wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder - selfs so ver as Indië.

Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat
daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria.

Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het...