Prophet - Kolonie - ONDERHOUD - 9 April 2021
--:--
In 1982 het Koos van der Merwe en Theo Geyser begin om mense die lewe te laat bekyk deur PROPHET se bril. Dit is nou honderde optredes, 10 CD’s, twee SAMA-benoemings, en 7 ATKV Liertoekennings later, maar Prophet het sedert 2005 nog nie weer ’n album die lig laat sien nie.
Maar nou is daar 'n nuwe album: KOLONIE en dis 'n album wat nie skroom om te sê wat gesê moet word nie. Vanaf die selfverryking van politici en kerkleiers, die misleiding van armes, die ontnugtering van Hollywoodliefde, tot die diep dors wanneer geloof by sy doodloopstrate kom - alles tema’s waaroor Prophet poëties protesteer en lamenteer. Tog het hierdie album ook sy vrolike oomblikke van dankbaarheid en die mooiheid van die liefde.