Vroue Wêreldbeker moet uitgestel word

Wêreld Rugby het aanbeveel dat die Vroue-Wêreldbekertoernooi wat in September sou plaasvind, tot volgende jaar uitgestel word. Die toernooi is geskeduleer van 18 September tot 16 Oktober in Nieu-Seeland. Die Wêreldbekerraad en Wêreld Rugby se uitvoerende komitee sal die aanbeveling volgende week oorweeg. Die tussentydse bestuurshoof van Wêreld Rugby, Alan Gilpin, sê die aanbeveling volg op die toenemende onsekere en uitdagende situasie wêreldwyd weens Covid-19: