Kringtelevisie help om misdaad te bestry

Die Kaapstadse Metropolisie sê sy omvattende kringtelevisienetwerk het bewys dat dit doeltreffend werk om misdaad-bedrywighede op te spoor. Kringtelevisie-opnames het sedert Julie 2020 gelei tot die suksesvolle inhegtenisneming van 160 verdagtes. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die stad bestuur 24 uur per dag meer as 800 kringtelevisie-kameras in die metropool.