VF Plus oor begrotingsrede

Die Vryheidsfront Plus in Suid-Afrika sê môre se begrotingsrede wat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, gaan lewer is van die allergrootste belang om Suid-Afrika weer op ʼn pad van ekonomiese groei en herstel te plaas. Die party sê die vernietigende effek van ANC-beleid en meer onlangs die Covid-19-inperking het elke persoon in die land negatief geaffekteer. Die VF Plus se Wouter Wessels sê hulle sal daarom onder meer wil hoor dat belastingverligting aangekondig word vir individue en sake-ondernemings om ekonomiese groei te stimuleer. Wessels sê dit is die enigste manier om vordering te maak met ekonomiese herstel.