Reaksie oor bek- en klouseer verbod op invoere

Reaksie is ontvang op berigte dat die Amerikaanse vereniging vir veeboere, die United States Cattlemen’s Association ‘n beroep op die Amerikaanse regering gedoen het om invoere te staak in die lig van die bek- en klouseer uitbreking. Die eerste besending beesvleis is ‘n jaar gelede uitgevoer deur Meatco en dit het verskeie jare geneem om finale goedkeuring vir die uitvoere te bekom. Die Amerikaanse boere meen dit is hoë risiko om beesvleis uit te voer uit gebiede wat grens aan die buffersone spesifiek omdat olifante die grenslyne beskadig. Wallie Roux 'n plaaslike Landboukenner het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.