Agri SA

Agri South Africa (Agri SA) is a South African agricultural industry association, founded in 1904. It is a federal organisation, promoting the interests of its members – which it identifies as the sustainable profitability and stability of commercial agricultural producers and agribusinesses – through its involvement and input in various national and international policy making fora.
Occasionally English South Africa Nature · Business
8 Episodes

Agri SA Kongres 2019: Episode 8: Barret Bar

As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie. Met ‘n Meestergraad in Ekonomie en ‘n MBA van die Kellogg School of Management, verduidelik hy hoe John Deere beplan om tegnologie en…
12 Nov 2019 27 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 7: Dr Morné Mostert

Mostert is Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan Universiteit Stellenbosch, die enigste instituut van sy soort in Afrika, en sy navorsing fokus op die toekomstige wêreld en die impak van die vierde industriële rewolusie op die wêreld. Hy verduidelik dat om oor die toekoms te dink anders is as…
12 Nov 2019 26 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 6: Hano Jacobs

Die hoof bedryfsamptenaar van Payteq, wat spesialiseer in die voorsiening van betalings- en rekeningoplossings, voer die gesprek verder oor tegnologie op die plaas. Payteq se fokus is op effektiewe betalingsisteme vir landbou. Volgens Jacobs is betalingstelsels die ruggraat vir enige ekonomie. Omdat die banksektor die afgelope ruk deur ‘n ongelooflike…
12 Nov 2019 22 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 5: Gary McKay

McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas - met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die…
12 Nov 2019 25 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 4: Rajan Gajaria

As uitvoerende vise-president van Besigheidsplatforms van Corteva Agriscience, glo Gajara in hoop, want dis slegs deur hoop wat die wêreld vooruitgang kan maak. Die uitstaande eienskap van boere regoor die wêreld, wat Corteva se navorsing aan die lig gebring het, is optimisme. Gajara praat padlangs oor die vierde industriële rewolusie…
12 Nov 2019 19 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 3: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
12 Nov 2019 45 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 2: Patrice Motsepe

Motsepe is ‘n mynmagnaat en biljoener, wat in 2012 benoem is as Suid-Afrika se rykste man met ‘n beraamde rykdom van nagenoeg R12 biljoen. Hy lewer ‘n imromptu maar hoogs inspirerende praatjie, waarvan heelwat in vlot Afrikaans, oor die uitdagings wat hierdie land in die gesig staar. Volgens Motsepe moet…
12 Nov 2019 14 min

Agri SA Kongres 2019: Episode 1: Dan Kriek

Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot…
12 Nov 2019 35 min