BoerPot

BoerPot is 'n potgooi vir die landbousektor waar ons gereeld gesels oor alles wat met die besigheid van boerdery te make het. Teken in sodat jy nie 'n episode mis nie.
Monthly Afrikaans South Africa Business · Business
42 Episodes
1 – 20

James Faber

James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie. Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery. ’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin…
2 Nov 2022 58 min

Gerrit de Beer

Met ’n visie om sosiale en ekonomiese opheffing deur landbou te skep, het Jan le Roux, verlede jaar se Boer van die Jaar, bykans 30 jaar gelede die Le Roux-groep op die been gebring. Sedertdien het die Le Roux-groep koringlande in die Boland opgekoop om te omskep in vrugteboorde, en…
28 Sep 2022 1 hr 01 min

Nick Serfontein

Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018. Hierdie megaboer van die…
9 Sep 2022 1 hr 01 min

Charles Back

Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die…
22 Aug 2022 55 min

Petie Bezuidenhout

Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer. Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery. Hy bedryf die afgelope 27 jaar die familie-boerdery op die plaas Wonderfontein, wat sy pa 42 jaar gelede aangeskaf het. Mielies…
8 Aug 2022 49 min

Christo en Abrie Cronje

Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap. Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort. Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf. Vir die Cronje-broers gaan dit…
25 Jul 2022 48 min

Tom Van Rooyen

“’n Mens hoef nie die beste in die weste te wees nie; solank jy net meer agterlaat as waarmee jy begin het…” So sê Tom van Rooyen, wat boer op ’n 100-jaar oue familieplaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp. Met ’n BSc Landbou-ekonomie honneursgraad agter sy naam, verbou Van Rooyen mielies,…
11 Jul 2022 55 min

Victor Adendorff

Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline…
15 Apr 2022 1 hr 37 min

Dewald Olivier

As kind wat in die subtropiese landboustreek van Tzaneen grootgeword het, het Dewald Olivier vanuit die staanspoor ‘n passie vir landbou gehad. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat hy in 2018 aangestel is as hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging…
2 Sep 2021 1 hr 21 min

Koos Janse van Rensburg van VKB

Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat…
7 Jul 2021 58 min

Cobus van der Merwe van SKUDU

Volgens Cobus van der Merwe, HUB van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te…
25 Jun 2021 52 min

Johan Badenhorst

Suid-Afrikaanse liefhebbers van die buitelewe word die afgelope dekade reeds op reis geneem saam met Voetspore, die reeks van dokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige plaashuise regoor die land, vanweë die epiese buitelug-ekspedisies wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur…
30 Apr 2021 1 hr 25 min

Neels Grieshaber

Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of…
18 Feb 2021 1 hr 19 min

Cog van der Colff

Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer. Die boerdery…
28 Nov 2020 57 min

Zander Ernst

Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, ‘n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokado’s toe. Die feit dat hulle reeds…
27 Nov 2020 1 hr 08 min

Vickie van der Westhuizen

Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoë rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld,…
26 Nov 2020 50 min

Pieter van der Westhuizen

Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook ‘n melkery bedryf het. Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en ‘n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy…
25 Nov 2020 35 min

Johan Vos

Met ‘n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind ‘n dorpsjapie wat, danksy sy ma, wat ‘n plaas geërf het, van jongs af ‘n passie vir boerdery ontwikkel het. So passievol was Johan daaroor as ‘n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug…
24 Nov 2020 47 min

Bernard Scheepers

Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie. Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou,…
23 Nov 2020 54 min

Martin Louw

Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het. Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun,…
22 Nov 2020 40 min
1 – 20