Ons gesels met

Kaapse Kansel bied aan “Ons gesels met” op Donderdae om 18h00 net hier op 729AM. ‘n Inset met verskeie mense wat impak maak in die kerk-wereld; Skrywers-wereld; Sport- en Kunste wereld.
As jy weet van iemand wat lewens impakteer en bydra tot ‘n beter wêreld, kontak vir Petula by 021 917 7000 of stuur jou epos na wanda@kaapsekansel.co.za
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
18 Episodes

ONS GESELS MET - Julita (Lambrechts) Kok

06.01.2022 - Sy het ‘n fantastiese verhaal met geloofs-projekte en reise oor die wêreld. Dit is ‘n moeilike pad, maar ‘n God-pad. Al wat sy tot nou toe kon doen… is luister na Sy stem en doen. Dit is ‘n reis wat jou sal inspireer om meer en meer God…
6 Jan 2022 44 min

ONS GESELS MET - JAN DE WET

30.12.2021 - Jan het sy eerste klankopname as sang en uitvoerende kunstenaar in 1967 gemaak en terwyl hy onderwyser en predikant was was hy steeds aktief betrokke by die musiek -industrie. Deur die jare het hy meer as 60 musiekalbums vrygestel (plate,kassette,cds, videos,dvds) en daarvoor talle musiektoekennings ontvang. Hy is…
30 Dec 2021 40 min

ONS GESELS MET - Dr Izelle Viljoen

23.12.2021 - Izelle Viljoen is ‘n dogter van die Koning, ‘n vrou vir haar man, Ben en ‘n mamma vir vyf kosbare kinders: Ivan-Ben, Ananya, Dawid, Migael en Liya. In 2004 kwalifiseer sy as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch waarna sy haar huisdokter- en gemeenskapsdiens-jare in Pretoria voltooi…
23 Dec 2021 39 min

ONS GESELS MET - BRAAM HANNEKOM

16.12.2021 - ONS GESELS MET, kuier Donderdag die 16 de Desember, saam met Braam Hanekom, wanneer ons fokus op hierdie merkwaardige leier se lewe met ‘n rotsvaste karakter en inspirerende getuienis. Skakel in om 18h00, Donderdagaand vir hierdie gesprek. Dr Braam Hanekom is tans die direkteur van die Sentrum vir…
16 Dec 2021 38 min